Magreb

Kaart van die Arabiese Magreb-vereniging.

Die Magreb, ook gespel Maghreb (letterlik "sononder";[1] Arabies: المغرب العربي al-Maghrib al-ʻArabī, "die Arabiese Weste"; Berbers: ⵜⴰⵎⴰⵣⵖⴰ), ook genoem die Atlasstreek, is 'n streek in die noorde van Afrika. Net soos ander Mediterreense lande, was die Atlasgebied vanweë sy seeligging gedurig aan die invloede van die verskillende beskawingsgroepe blootgestel wat deur die geskiedenis om die beurt die Mediterreense gebied beheer het. Die Magreb kan ten beste begryp word wanneer dit beskou word in die lig van die talle ooreenkomste en verskille wat die streek ten opsigte van ander lande om die Middellandse See en ten opsigte van die Wes-Kaap van Suid-Afrika toon, asook ten opsigte van die kontraste met die res van Afrika.

  1. (en) "Maghreb: definition of Maghreb in Oxford dictionary (British & World English)". Geargiveer vanaf die oorspronklike op 24 September 2015. Besoek op 25 Januarie 2016.

© MMXXIII Rich X Search. We shall prevail. All rights reserved. Rich X Search